top of page
Waar?
Omdraai Gasteplaas en Venue is geleë naby Ficksburg in die Oos-Vrystaat. Hulle nooi jou uit om die onophoudelike familiegasvryheid te geniet wat al gewortel is in die geskiedenis so oud soos die sandsteenplaashuis self. Die familiebestuurde gasteplaas en venue is gestig in 2014 op die plaas self wat al meer as 5 dekades in die familie se besit is.
Mense sou kon argumenteer dat Omdraai sy eerste troue in 1875 aangebied het, aangesien dit terugdateer na die eerste ampetlike trouviering wat op die stoepe van die sandsteenplaashuis plaasgevind het. Die plaas is in ‘n sprokie gebied geleë wat die mooiste uitsigte het oor die Maluti berge.
bottom of page